|
Florida se losskakel C-Than Moos begin aanstaande Dinsdag in Kemptonpark vir die Leeus se Hoërskoolspan in hul vriendskaplike wedstryd teen die Valke met Monnas se Jako van der Walt wat hom via de B-span moet terugspeel in die span nadat hy hom weens harsingskudding aan die Bulle-stryd onttrek het.
Daar is steeds tien Monnas in die A-span. Hoewel Van der Walt uit is, is die regtervleuel Chad de Klerk weer in die span. Moos en sy Florrie-spanmaat Charlton Africa is die enigste twee nie-Monnas in die agterlyn.
Daar is ook vyf Monnas in die agttal met twee spelers van Marais Viljoen en een van KES. Dit is duidelik dat kwotas ‘n groot invloed op die spankeuses gehad het.
Daar is ook sewe spelers van Florida in die B-span waarvan vier op die bank is. Die vleuel Tshepo Mookie, skrumskakel Ruhan Kruger en flank Mark Strydom is in die beginspan.
Die oud-Transvaalsenter Hugo van As se seun Weiden is in die C-span en die Springbok Ian Macdonald se jongste Ruan in die D-span. Albei is egter maar in Graad 11.
Die spanne:
A-span: Gideon Meiring (Monnas); Chad de Klerk (Monnas), Shaun Conradie (Monnas), Burger Odendaal (Monnas), Charlton Africa (Florida); C-Than Moos (Florida), Hanko Venter (Monnas); Ruan Steenkamp (Monnas), Tumelo Mokoi (MV), Chris Massyn (Monnas), Philip du Preez (Monnas), Jannie Stander (Monnas), Dirk Kotzé (Monnas), Eugene le Maitre (MV), Dillon Smith (KES). Reserwes: Stephen van Rooyen (KES), Vlam Bothma (Monnas), Daniel Bope (Bracken), S Dendere (Saints), Jerome Bastick (MV), Senzo Tshabalala (KES), Sifiso Shabangu (Jeppe).
B-span: Surprise Maykiso (KES); Tshepo Mookie (Florida), Ra-lk Ploker (St Ben), Prince Edward Sishie (Qu), Luther Obi (St Ben); Jako van der Walt (Monnas), Ruhan Kruger (Florida); Boetman Grobler (Helpm), Mark Strydom (Florida), Kgotso Mgubeni (Maragon), Sabatha Mmatlo (KES), Stefan Vermeulen (Monnas), Edgar Vermeulen (MV), Theuns Reynolds (Monnas), Jaco Victor (MV). Reserwes: Armand Dreyer (Florida), Theordore Ferreira (Helpm), Malcolm Marx (KES), Waldo de Lange (Florida), Ché Stevens (Florida), Graciano Pienaar (Jeppe), Bradley Paulse (Florida). C-span: Powell Banda (Bekker); Blessing Marachu (Maragon), Rual Loubscher (MV), Dominique Kroezen (Florida), Gianne Mboyo (St Johns); Kabelo Mnisi (Maragon), Lloyd Vermeulen (Help); Anthony Kapp (MV), Tiaan Liebenberg (Jan Viljoen), Ramon Saffy (KES), Agie (Bracken), Cyle Brink (KES), Nico du Plessis (Florida), Brandon van Wyk (Jan Viljoen), Hendrik Burger (MV). Reserwes: Owen Wie (St Ben), Cheslin Snyders (Pres), T Moodley (Monnas), Willie Newman (Monnas), Weiden van As (Noordh), Justin Kampher (Dinam), Donald Siduko (Mon), Byron de Villiers (Saints), JC Mohlomi (Nic D), Dean Gorden (St Johns), Joe Malebo (Mar).
D-span: Barend Herbst (Monnas); Steven Matsien (Florida), Marcel Campher (Helpm), Bassie van Heerden (Helpm); Jonty Fitzgerald (Mon); Neels Gouws (Noordh), Ryan Carmichael (Monnas); Tshepo Nkethoa (MV), Apie Breet (Helpm), Steven Njemla (Que), Alex du Plooy (Helpm), André Venter (Monnas), Lee Morris (Jeppe), Duanne Goodes (Jeppe), Mauritz van Rooyen (Monnas). Reserwes: Colin Chauke (Helpm), Boni Siyatula, Ruan Macdonald (Monnas), Rikus van Niekerk (Monnas), Anele Magubane (Que), Tiaan van Niekerk (MV), Zandré Lindeque (Helpm), James Bester (Burger), JP van der Nest (Alb), Koch Marx (Alb).
|