Pukke teen UJ in Johannesburg |
Julie 27 - Worsie Kotze speel weer heelagter, Wouter Watermeyer weer binnesenter en Marcel du Toit weer losskakel wanneer die Pukke Dinsdagaand met die UJ in die Predatorliga in Johannesburg kragte meet.
Die Puk ruk op Johannesburg toe sonder die ysterflank Savvas Nel wie las van ‘n skouerbesering het en die haker Stoffel Duvenhage. Sonder Nel mis hulle bietjie yster, maar BW van Dyk sit weer bietjie yster terug.
Dan het die UJ se Hugo van As ‘n ander benadering gevolg en kanse gewaag in sy samestelling van UJ se span vir hierdie grote.
Meneer Opwinding, Earl Lewis, is op heelagter, Ryno Luus word in die diep kant op vleuel ingegooi na ‘n cameo teen die Witsies, Jannie Boshoff begin in die nommer 13 waar hy meer tuis voel en Pagina de Klerk begin die eerste keer vanjaar op 12.
Die post-Varsitybeker Johannesburgers maak staat op die spoed en vaardighede van die Wehr’s en Van Rensburg’s en die taktiese spel van die nommer-nege Danny Botha wat die beste uit André Smith haal.
Pukke vs. UJ: Worsie Kotzé; Willem Barnard, Ruan Jacobs, Wouter Watermeyer, Johannes Seerane; Marcel du Toit, Andries Mahoney; Spanner Pretorius, PJ van Zyl, Siya Mdaka, Markus Fourie, Dirco Rautenbach, Snoepie Pienaar, BW van Wyk, Martin Dreyer. Reserwes: Lourens Botes, Stefan Bezuidenhout, Bones Robbertze, Jaco Lotter, Janis Terblanche, Gerhard Nortier, Malan van der Merwe.
UJ vs. Pukke: Earl Lewis; Ryno Luus, Jannie Boshoff, Pagina de Klerk ©, Lolo Waqa; André Smith, Danny Botha; Quinten Minnaar, JP van Rensburg, Wendell Wehr, Marnes van Huyssteen, Yssel Swanepoel, Jaco Vermeulen, Clint van Niekerk, JP Olivier. Reserwes: Alfred Ries, Anthony Gallagher, Corné Cordier, Hennie Kilian, Chris Erasmus, Gary Collins, Aubrey Macdonald. |
Club Fixtures
Error: Any articles to show
|