|
Die Universiteit van Johannesburg het die Suid-Afrikaanse Onder 20-speler Jaco Taute op die bank ingesluit vir sy groot stryd Maandagaand in Johannesburg teen die Madibas.
Taute, wat ewe tuis op heelagter, vleuel, senter en losskakel is, sal in sy eerste senior wedstryd vir die Universiteit speel nadat hy verlede jaar al vir die Leeus Curriebekerrugby gespeel terwyl hy op die skoolbanke was.
Die Johannesburgers se skakelpaar en middelveld was vanjaar hul Achieleshiel en Taute kan in enige posisie van tien tot 15 ‘n impak maak.
Die beginspan wat verlede week gespeel het draf weer net so op en veral Earl Lewis sal die klok met sowat ‘n jaar moet terugdraai en impak op die aanval maak.
Die UJ sal graag ‘n groot telling teen die Madibas wil opstel om hul punte-vir, en punte-teen verskil op te stoot.
Die losskakel Ryno Luus kry ook weer ‘n kans in die beginspan met André Smith op die bank. Indien dinge goed gaan kan Smith egter minstens ‘n helfte kry om die NMMU te treiter.
Taute vervang die skrumskakel Danny Botha op die bank en laasgenoemde kan ongelukkig voel dat hy sy plek in die 23 verloor. Die kaptein Pagina de Klerk sal die reserwe-skrumskakel wees.
UJ vs. NMMU: Earl Lewis; Bernado Botha, Pagina de Klerk ©, Luhan Steenkamp, Lola Waqa; Ryno Luus, Haas Snyman; Hennie Kilian, Wiehan Roos, JP Janse van Rensburg, Marnes van Huyssteen, Martyn Lombard, Clint van Niekerk, Edgar Marutlulle, KP du Plessis. Reserwes: Brett Claassen, JP Olivier, Corné Cordier, Jaco Claasen, Quinten Minnaar, Jaco Taute, André Smith, Aubrey McDonald.
Die Universiteit van Johannesburg het die Suid-Afrikaanse Onder 20-speler Jaco Taute op die bank ingesluit vir sy groot stryd Maandagaand in Johannesburg teen die Madibas.
Taute, wat ewe tuis op heelagter, vleuel, senter en losskakel is, sal in sy eerste senior wedstryd vir die Universiteit speel nadat hy verlede jaar al vir die Leeus Curriebekerrugby gespeel terwyl hy op die skoolbanke was.
Die Johannesburgers se skakelpaar en middelveld was vanjaar hul Achieleshiel en Taute kan in enige posisie van tien tot 15 ‘n impak maak.
Die beginspan wat verlede week gespeel het draf weer net so op en veral Earl Lewis sal die klok met sowat ‘n jaar moet terugdraai en impak op die aanval maak.
Die UJ sal graag ‘n groot telling teen die Madibas wil opstel om hul punte-vir, en punte-teen verskil op te stoot.
Die losskakel Ryno Luus kry ook weer ‘n kans in die beginspan met André Smith op die bank. Indien dinge goed gaan kan Smith egter minstens ‘n helfte kry om die NMMU te treiter.
Taute vervang die skrumskakel Danny Botha op die bank en laasgenoemde kan ongelukkig voel dat hy sy plek in die 23 verloor. Die kaptein Pagina de Klerk sal die reserwe-skrumskakel wees.
UJ vs. NMMU: Earl Lewis; Bernado Botha, Pagina de Klerk ©, Luhan Steenkamp, Lola Waqa; Ryno Luus, Haas Snyman; Hennie Kilian, Wiehan Roos, JP Janse van Rensburg, Marnes van Huyssteen, Martyn Lombard, Clint van Niekerk, Edgar Marutlulle, KP du Plessis. Reserwes: Brett Claassen, JP Olivier, Corné Cordier, Jaco Claasen, Quinten Minnaar, Jaco Taute, André Smith, Aubrey McDonald. |
|