Leeuwelpies klop Haaie in Durban

Die Leeuwelpies (Lions O/19) het Saterdag in Durban in die laaste 20 minute teen die Sharkies seker gemaak dat minstens een Leeuspan die halfeindronde van hul kompetisie haal.

Twee drieë deur die vleuel Wandile Mjekevu en ‘n breekslag deur die oud KES-senter wat tot Divan Ferguson se wendrie gelei het, het die Welpies in staat gestel om die Haaitjies 31-27 te klop.

Mjekevu het die eerste keer vanjaar paartie toe gekom en in die 50e minuut en toe weer tien minute later gedruk voordat hy die wendrie ‘n minuut voor die einde aangevoor het.

Die span van Rinus Riekert speel aanstaande naweek op Loftus in ‘n halfeind teen die Blou Bulle, wat eerste na die ligafase geëindig het.

Die Leeus se oorwinning kan aan ‘n spanpoging toegeskryf word, maar neem van maar kennis van die losskakel Garth April.

Die SA Skoleheelagter was die katalisator wat die Leeus se seisoen omgedraai het en ‘n blink toekoms word van hom in die nommer 10-trui voorspel. Hy het die laaste drie uit die hoek uit verdoel.

Ian Macdonald sê dat April iets spesiaals op losskakel is, iets waarna die Leeus al etlike seisoene op soek is.

Macdonald glo ook die heelagter Hein Cronjé in die volgende Japie Mulder in die middelveld kan ontwikkel.

Punte:

Leeus: Drieë: Wandile Mjekevu (2), Divan Ferguson, Maurice Rudman. Doelskoppe: Garth April (4). Strafdoel: April.

*Die Onder 21’s het 21-8 teen die Sharks verloor en eindig vyfde op die log.

 

 

U19 News

13 from MTN Golden Lions invited to SA U

November 1 - Thirteen players from the MTN Golden Lions have been invited to Kimberley for a first round of SA Under-20 trials next week....

Tuesday, 1 November 2011 | Hits: 771 | Comments

Read more

MTN Golden Lions shock Blue Bulls to win

October 29 - The MTN Golden Lions surprised the Blue Bulls in the final and deservedly won their Absa unde-19 match by 20-19 in the first curtain-raiser at Coca-Cola Park ...

Saturday, 29 October 2011 | Hits: 550 | Comments

Read more
Site hosting sponsored by Datapro