Leeus O/21 se voorbereiding op dreef vir Predatorkompetisie

Die Leeus se Onder 21-span se voorbereiding vir die seisoen begin in die volgende twee weke in alle erns wanneer hulle die Universiteit van Johannesburg se bepalings in die Predatorkompetisie nakom. Die afrigter Timmy Goodman sal Vrydagaand teen Union en aanstaande naweek in Orkney teen Vaal Reefs verskeie kombinasies op die proef stel en proefnemings doen om die talent te sif.

Die agtsteman RJ Liebenberg (foto), wat ‘n paar weke gelede sy buiging vir die Universiteit se eerste span teen Wits gemaak het, kan moontlik die span op Wemmerpan aanvoer.

Sewe lede van die span in die SA Onder 20-span in Argentinië en nog sowat ‘n handvol spelers soos Ashley Kohler, Maurice Rudman, Rinus Riekert en Shane Kirkwood is nie vir die Union-stryd oorweeg nie.

Die senter Divan Ferguson was baie naby die SA-span en Martin Oosthuizen het vanjaar Vodacomrugby gespeel.

Die UJ se eerstespan-senter Luhan Steenkamp is op die bank en sal waarskynlik aanstaande naweek begin saam met die Vodacom-skrummie Rudy Paige en PJ Uys wat teruggekeer het na ‘n seisoen by die Sharks.

Die enigste senior in die groep is die vaskop Jaco Vermeulen wat speelkans broodnodig het na ‘n lang besering terwyl Marcel Esterhuizen, wat die Bulle op die Cravenweek twee seisoene gelede aangevoer het, ook in die groep is.

Leeus Onder 21 vs. Union: Sean Manton; Riaan Arends, Divan Ferguson, Winston Williams, Sandile Ngcobo; Dewald Nel, Morné Loubser; RJ Liebenberg ©, Dylan Pietersen, Marnitz Jacobs, Wouter Heymans, Mark Hennig, Heinrich Terblanche, Martin Bezuidenhout, Caylib Oosthuizen. Reserwes: Werner Bekker, Jaco Vermeulen, Marcel Esterhuizen, PJ Uys, Rudy Paige, Luhan Steenkamp, Hein Cronjé.
 

U21 News

Blue Bulls U-21s halt MTN Golden Lions i

October 23 - The MTN Golden Lions were ousted from the Absa Under-21 competition at Loftus on Friday when they lost 47-18 to the Blue Bulls in the semi-final of ...

Sunday, 23 October 2011 | Hits: 620 | Comments

Read more

Both MTN Golden Lions junior sides in se

October 17 – Both the MTN Golden Lions junior sides duly qualified for the semi-finals of the Absa Under-21 and Under-19 competitions respectively and will this weekend do battle for ...

Monday, 17 October 2011 | Hits: 450 | Comments

Read more

U21 Log

U/21 Xerox Lions go down, but not withou

August 14 - Following the U/19 Xerox Lions’ 33-24 defeat over the Cheetahs on Saturday morning, 14 August 2010, the GLRU were hoping for a treble of wins, with hopes ...

Saturday, 14 August 2010 | Hits: 1217

Read more
Site hosting sponsored by Datapro